Wêreld kan groter voedselkrisis verwag
Nóg 122 miljoen mense in die wêreld staar sedert 2019 hongersnood in die gesig weens die Covid-pandemie, herhaalde weer-skokke en konflik soos die oorlog in Oekraïne. Dit is volgens die jongste State of Food Security and Nutrition in the World se verslag. Die verslag onthul dat tussen 691 en 783 miljoen mense verlede jaar honger gely het wat dui op ‘n toename van 122 miljoen sedert die pandemie in 2019 begin het. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die wêreld kan ‘n groter voedselkrisis verwag.