Vermeende brandstigter van parlement veroorsaak chaos in hof

Die saak teen die vermeende brandstigter van die parlement in Kaapstad, Zandile Mafe moes vanoggend in die hooggeregshof in tydelik verdaag word nadat Mafe beledigings teen witmense en Jode geskree het. Mafe het na bewering ook vanoggend in die hof erken dat hy die parlementsgebou aan die brand gesteek het, en het gevra dat hy lewenslange tronkstraf opgelê word. Die hof sal na verwagting vandag fokus op ‘n psigiatriese verslag wat ingedien is nadat Mafe in die Fort England-hospitaal in Makhanda opgeneem is vir waarneming. Hy staan tereg op aanklagte van terrorisme, brandstigting, huisbraak en diefstal ná ‘n brand wat in Januarie verlede jaar groot skade aan parlementsgeboue aangerig het.