Verbruikerskommissie maan oor onveilige lere
Die Nasionale Verbruikerskommissie in die buurland raai eienaars van Mainstay- en Terra Firma- multiskarnier-aluminiumlere van 150 kilogram aan, om dit nie langer te gebruik nie en terug te neem vir ʼn terugbetaling. Toetse wat deur Massmart uitgevoer is, toon die lere voldoen nie aan veiligheidstandaarde nie en is ‘n veiligheidsrisiko. Volgens die waarnemende kommissaris, Thezi Mabusa, is ongeveer 57 000 eenhede in Suid-Afrika verkoop, en verskeie is ook na lande in Afrika uitgevoer.