Tennis: Ons Jabeur neem wraak op Wimbledon
Tennis: ‘n Nuwe vrouekampioen word Saterdag op Wimbledon gekroon nadat Ons Jabeur wraak geneem het vir haar nederlaag in verlede jaar se eindstryd teen Elena Rybakina van Kazakstan. Die sesde-gekeurde Tunisiër het die derde gekeurde Rybakina op in die halfeindronde op die hoofbaan in drie stelle verslaan met 6-7, 6-4, en 6-1. Jabeur speel teen die tweede gekeurde, Aryna Sabalenka van Belarus, in vandag se halfeindstryd nadat sy maklik klaargespeel het met Madison Keys van Amerika. Jabeur verduidelik hoe sy, nadat sy ‘n stel agter was, herstel het om die verdedigende kampioen te klop.
In die ander halfeindstryd is dit die Tsjeg Markéta Vondroušová en Elina Svitolina van Oekraïne.