Tennis: Alcaraz deur na sy eerste Wimbledon-halfeind
Tennis: Die wêreld se nommer een, Carlos Alcaraz, is deur na sy eerste Wimbledon-halfeindronde. Die Spanjaard het die Deen, Holger Rune, met 7-6, 6-4 en 6-4 verslaan en die jongste man geword om die laaste vier by Wimbledon te haal sedert ‘n 20-jarige Novak Djokovic van Serwië dit in 2007 reggekry het. Die 20-jarige Alcaraz kom teen Daniil Medvedev van Rusland te staan. Die Rus het die Amerikaner, Christopher Eubanks, met 6-4, 1-6, 4-6, 7-6 en 6-1 afgeransel en die eerste keer die halfeindronde op die grasbaan-major bereik. Alcaraz sê dis ‘n wonderlike gevoel om onder die laaste vier op Wimbledon te wees.