Swem: Uitblinkers op pad na Japan
Swem: ‘n Sterk Suid-Afrikaanse span sal vanaf môre aan die Wêreld-Watersport-kampioenskap in Japan deelneem. Onder die 11 swemmers is die Olimpiese swemmers, Tatjana Schoenmaker en Roland Schoeman, asook Lara van Niekerk, wat tydens die Statebondspele in Birmingham verlede jaar beïndruk het. Dit sal die finale kampioenskap vir die 42-jarige Schoeman wees. Die land sal ook in waterpolo, artistieke swem en duik verteenwoordig word. Die geleentheid dien as ‘n kwalifiseerder vir volgende jaar se Olimpiese Spele in Parys.