Sop en brood teen die koue
NotInMyName International sê hy sal sy sopkombuis regdeur die winter bedryf en na dele van Mamelodi-Oos, Atteridgeville en Soshanguve uitbrei. Die beweging bedien warm sop en brood aan Mamelodi-inwoners. Een van die stigters, Themba Masango, sê as een van die land se grootste nie-winsgewende organisasies, meen hulle dit is noodsaaklik en belangrik om diegene in ‘n minder-bevoorregte posisie in gedagte te hou, veral gedurende die winterseisoen.