Sekuriteitswag vind baba in asdrom  

‘n Sekuriteitswag het ‘n lewelose liggaam van ‘n baba in ‘n asbdrom by die suidelike nywerheidsgebied se Hyper Motor City-kompleks in die hoofstad ontdek. Volgens die Namibiese polisie het die sekuriteitswag gesien dat katte by die adrom rondskarrel. Toe hy ondersoek by die asblik instel, het hy die liggaampie ontdek wat in ‘n wit hemp toegedraai was. Volgens Nampol blyk dit dat die baba toe pasgebore was. Die geslag van die baba is onbekend. Die polisie se ondersoek na die saak het begin en die verdagte se identiteit is ook op die oomblik onbekend.