SA afvaardiging in Washington oor Agoa

‘n Hoëvlak-afvaardiging van die Suid-Afrikaanse regering is op besoek aan Washington om met Amerikaanse rolspelers in gesprek te tree oor sake rakende die Agoa-forum se vergadering later vanjaar in Suid-Afrika. Die departement van handel, nywerheid en mededinging het bevestig dat minister Ebrahim Patel vergesel word van die minister van finansies, Enoch Godongwana, en die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni. Die vergaderings volg op ‘n brief deur Amerikaanse kongreslede aan President Joe Biden waarin hulle hul hom vra om die Agoa-vergadering na ‘n ander land as Suid-Afrika te verskuif weens die beweerde verskaffing van wapens aan Rusland.