Rugby: Skok oor dood van Stormer Nick Koster (34)
Rugby: Die sport is geskok oor die dood van die voormalige losvoorspeler van die Stormers, Bath en Bristol, Nick Koster, op die ouderdom van 34. Hy het vir die Kaapstadse seunskool Bishops gespeel en was kaptein van Westelike Provinsie se hoërskoolspan op die Cravenweek in 2006 en 2007 en was ook lid van die Suid-Afrikaanse Skolespan. Koster het vanaf 2008 tot 2012 vir WP en die Stormers gespeel voor hy oorsee is om vir Bath en Bristol te speel. Hy word oorleef deur sy vrou, Jeannie, en twee jong kinders.