Rugby: Dra Vrydae groen en goud vir Bokke
Rugby: Die Springbokke het alle ondersteuners gevra om vanaf môre elke Vrydag groen en goud aan te trek om hul ondersteuning vir die span te wys in die aanloop tot die verdediging van hul Wêreldbeker-titel in Frankryk. Die president van SA Rugby, Mark Alexander, sê die nasie se energie is goed vir die Bokke en die beste manier waarop Suid-Afrikaners hul ondersteuning kan wys, is deur elke Vrydag hierdie kleure aan te trek. Die nasionale #BokFriday-veldtog nooi almal uit om die krag van eenheid en sport te omhels.