Rugby: All Blacks verwag epiese stryd teen Bokke

Rugby: Nieu-Seeland se afrigter, Ian Forster, het sy span aangewys wat Suid-Afrika Saterdag sal takel in hulle tweede Rugbykampioenskap-kragmeting in Auckland. Brodie Retallick, Mark Telea, Samisoni Taukei’aho en Will Jordan keer terug na die span terwyl die nuweling-stut Tamaiti Williams ook vir die wedstrydgroep van 23 gekies is. Die enigste verandering aan die begin-voorry is Codie Taylor wat uitdraf as haker in die plek van Dane Coles. Forster sê hy verwag ‘n epiese stryd op die veld.