ReconAfrica kry groenlig van omgewingskommissaris
Namibië het die Kanadase olie- en gasreus ReconAfrica se omgewingsklaring-sertifikaat goedgekeur om nog 12 boorgate op sy noordoostelike lisensie te boor. Die kantoor van die omgewingskommissaris in die omgewingsministerie het die klaringsertifikaat uitgereik wat die lisensie goedgekeur het van 4 Julie vanjaar tot 4 Julie 2026. Dit dek die hele eksplorasie-permit in die noordooste van Namibië wat oor 6,3 miljoen hektaar strek. In ‘n voorlegging in Junie het ReconAfrica aangedui hy beplan om die eerste Damara-boorput in die vierde kwartaal van vanjaar te boor. Kritiek is teen die omgewingsministerie uitgespreek omdat die teenkanting van plaaslike gemeenskappe nie in ag geneem word nie. Die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda het bevestig dat ‘n verklaring later uitgereik sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndapewoshali Shapwanale, die woordvoerder van ReconAfrica, gepraat…