Outa ondersoek Jozi-eiendomswaardasies
Die Organisasie teen Belastingmisbruik het met ‘n openbare opname begin om die uitwerking van eiendomswaardasie-verhogings en eiendomsbelasting op eiendoms-eienaars in die Stad Johannesburg te bepaal. Outa meen die stad het moontlik die eiendoms-waardes onakkuraat beoordeel en besware oor die hoof gesien. Julius Kleynhans van die organisasie, doen ‘n beroep op inwoners om deel te neem aan die opname, ongeag of hulle beswaar aangeteken het. Kleynhans sê Outa het die stad versoek om verhogings op eiendomme wat betwis word, uit te stel tot die besware opgelos is.