Ogongo-kampus het rys-oes van 12 ton

Die Universiteit van Namibië se Ogongo-kampus het sy jaarlikse rys-oes van 12 metrieke ton gehad. Die rys word plaaslik verkoop. Elf jaar gelede het Namibië-Japan die Rys-en-Mahangu-projek by die Ogongo-kampus van stapel gestuur, wat uitgeloop het op ‘n goed gevestigde onderneming wat daarop gemik is om voedselsekerheid onder kleinskaalse boere in die Noorde van Namibië te verbeter. As gevolg van sy aanvraag, moet die kampus sy rys-produksie verhoog deur rys in vleilande en vloedvlaktes te produseer. Visekanselier van Unam, professor Kenneth Matengu, sê die jaarlikse rys-oes dien ‘n dubbele doel om die die Namibië-Japan rys-en-mahangu-projek te vier en inligting oor rysproduksie-tegnologie te deel, wat deel is van gemeenskapsbetrokkenheid.