Nehemia: Opgradering van NamWater-kanaal in Noorde vorder  

Die opgradering van die NamWater-kanaal vanaf die Etaka-dam wat tot by Uuvudhiya vir 130 kilometer strek, vorder na bewering goed. Boere in die gebied by die natuurlike Oponona-meer is onder druk omdat daar nie genoeg water vir hul vee is nie NamWater se hoof uitvoerende beampte, Abraham Nehemia, sê die projek wat ‘n samewerking tussen NamWater en die kantoor van die Omusati-goewerneur is, sal water verskaf aan dorpe in Omusati, Oshana en dele van die Oshikoto-streek. Die werk sal na verwagting teen volgende maand voltooi wees, en water sal onmiddellik in die kanaal gepomp word.