Namibiese energiesektor blom

Namibië se energiesektor het in ‘n kort tydperk vinnige ontwikkeling beleef as gevolg van drie groot olie- en gas-ontdekkings, die bekendstelling van ‘n  reuse-groenwaterstof-projek en hernude fokus deur globale spelers op die geleenthede wat die mark bied. Die jongste aankondiging deur Shell aan Upstream Online en Reuters is dat die boorwerk van hul vierde eksplorasieput Lesedi-1X veilig en suksesvol afgehandel. Die data wat Shell tot dusver ingesamel het, bevestig die teenwoordigheid van koolwaterstowwe en verdere evaluering is nodig om ontwikkelingspotensiaal te bepaal. Die ministerie van myne en energie kon egter nie Shell se aankondiging bevesetig nie. Met Namibië op die voorfront van die ontwikkelinge, sal minister Tom Alweendo die hoofspreker wees op die Afrika Energie-weekkonferensie wat van 16 tot 20 Oktober in Kaapstad plaasvind. Die ministerie se woordvoerder Andreas Simon, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…