Namibiese energie-sektor by VSA-Afrika-beraad bevorder
Adjunk-president Nangolo Mbuma het tydens die Amerika-Afrika-beraad in Botswana beleggers uitgenooi, veral met die oog op die Namibiese energiesektor wat die afgelope tyd groot hoogtes beleef. Hy sê groot reserwes olie- en gas-ontdekking deur internasionale maatskappye TotalEnergies en Shell het uitstekende geleenthede geopen vir beleggings en waarde-kettings wat wag om ontgin te word. Hy het ook na die beplande Hyphen-groenwaterstofprojek verwys.