Mbumba nooi beleggers by Amerika-Afrika-beraad uit

Die adjunk-president Nangolo Mbuma het tydens die Amerika-Afrika-beraad in Botswana beklemtoon dat Namibië se energiesektor die afgelope tyd aansienlike vooruitgang beleef. Hy sê groot reserwes olie- en gas-ontdekking deur internasionale maatskappye TotalEnergies en Shell het groot geleenthede geopen vir beleggings en waarde-kettings wat wag om ontgin te word. Mbumba sê sodra dit ten volle geëvalueer en uiteindelik ontwikkel is, sal dit betekenisvol bydra tot die ekonomie en ‘n hoeksteen vorm in die strategie om werkloosheid en inkomste-ongelykheid in die land te verlig.