Malema: Putin het die reg om Brics-beraad by te woonJuly 13, 2023

Die EFF-leier, Julius Malema, sê Suid-Afrika behoort onder geen verpligting te wees om die Russiese President Vladimir Putin in hegtenis te neem nie. Hy het op ‘n nuuskonferensie verduidelik Putin kom nie na Suid-Afrika toe nie, maar wel na die Brics-beraad toe. Hy sê Putin, soos ander Brics-leiers, het die reg om die beraad by te woon.