Mafe nie toerekeningsvatbaar

‘n Spesialis-paneel van die Fort England Psigiatriese Hospitaal in die Oos-Kaap wat moes bepaal of die vermeende brandstigter van die Kaapstadse parlement, Zandile Mafe, geskik is om verhoor te word, het bevind hy is nie in staat om die onregmatigheid van sy optrede te verstaan nie. Regter Nathan Erasmus het die verslag in die hooggeregshof in Kaapstad gelees en gesê Mafe kan nie die hofverrigtinge volg nie. Daar sal op 10 Augustus ‘n finale besluit geneem word of hy verhoor gaan word. Mafe het tydens sy uitbarsting in die hof openlik erken hy was die persoon wat die Parlement in Januarie verlede jaar aan die brand gesteek het.