Konstitusionele Hof lewer uitspraak oor skorsing van OB

Die Konstitusionele Hof in die buurland lewer vandag uitspraak oor President Cyril Ramaphosa se skorsing van die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane. Ramaphosa het haar in Junie verlede jaar geskors, ‘n dag nadat sy ‘n ondersoek aangekondig het na die president se optrede rondom die Phala Phala-skandaal. Sy het haar daarna tot die Wes-Kaapse hooggeregshof gewend om haar skorsing uit te daag en die hof het in haar guns beslis. Dieselfde hof het egter later sy besluit herroep en Mkhwebane se aansoek om onmiddellik weer in haar amp aangestel te word, verwerp. Hierdie uitspraak is egter onderhewig aan bevestiging deur die Konstitusionele Hof.