Keniaanse polisie gooi glo traanrok in klaskamer

Altesaam 53 kinders is in ‘n hospitaal in die Keniaanse hoofstad Nairobi behandel nadat die polisie traanrook in hul klaskamer ingegooi het tydens landwye betogings oor stygende lewenskoste en belastingverhogings. Die kinders is behandel vir asemhalingsprobleme en skok. Keniaanse owerhede sê ses mense is sover tydens die betogings dood, maar menseregtegroepe sê die dodetal staan reeds op 12, met tientalle mense wat beserings opgedoen het. Twee mense is dood nadat betogers ‘n polisiestasie aan die brand gesteek het, terwyl nog ‘n persoon dood is tydens ‘n aanval op ‘n polisievoertuig buite Nairobi. Die protesoptrede gaan voort ondanks ‘n waarskuwing deur die Keniaanse regering dat dit onwettig is.