Google se kletsbod verstaan nou Swahili
Google se kletsbod, Bard, verstaan nou sy eerste Afrika-taal, Swahili. Die maatskappy sê in ‘n verklaring met die jongste toevoeging is Bard, wat van kunsmatige intelligensie gebruik maak, nou in meer as 40 tale en 59 nuwe lande en gebiede beskikbaar. Dit is dus nou die grootste deel van die wêreld, en in tale wat die meeste gepraat word, beskikbaar. Dit sluit in Swahili, Chinees, Duits, Arabiees, Hindi en Spaans. Die meeste gebruikers kan dus nou toegang kry tot Bard in hul voorkeurtaal. Teks-na-spraak is nou in agt tale geaktiveer.