Gauteng kry digitale vingerafdruk-stelsel
Die Gautengse gesondheidsdepartement gaan vandag ‘n digitale vingerafdruk-stelsel by die Germistonse polisiestasie bekendstel. Dit het ten doel om die onmiddellike identifikasie van liggame te verbeter. Die hoof van kommunikasie, Motalatale Modiba, sê die hoof-doelwit is om aandag te skenk aan die uitdaging rondom onopgeëiste en ongeïdentifiseerde liggame by die Forensiese Patologiediens se 11 lykshuise. Hy sê die stelsel sal na verwagting die identifikasieproses stroomlyn en die algehele doeltreffendheid van forensiese dienste verbeter.