Drankwet word in Windhoek bespreek

Die handelsministerie moedig Namibiërs in die verskillende streke aan om deel te neem en insette te lewer tot die verskillende wetgewende konsultasies wat deur die ministerie aangebied word. Tans is konsultasies oor die wetgewing wat van besondere belang is vir die sake-gemeenskappe, verbruikers, streeksdranklisensie-komitees en politieke ampsdraers aan die gang oor die Drankwet. Konsultasies vind op 17 Julie in Windhoek plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met Elijah Mukubonda, woordvoerder van die ministerie, gepraat…