Die kraaie gaap in Suide van Europa en Noordwes-Afrika  July 13, 2023

‘n Hittegolf oor dele van die suide van Europa en Noordwes-Afrika sal na verwagting in die komende dae tot rekord-temperature lei. Temperature sal na verwagting tot bo 40 grade Celsius grade styg in dele van Spanje, Frankryk, Griekeland, Kroasië en Turkye. In Italië, waar temperature van tot 48,8 verwag word, is ‘n rooi waarskuwing uitgereik vir tien stede, insluitend Florence en Rome. Een sterfte is reeds in die noorde van Italië aangemeld. Europa se hoogste temperatuur nog  van 48,8 is in Augustus 2021 op die eiland Sisilië aangemeld. Meer as 60 000 mense is verlede jaar in Europa weens hitte-uitputting dood.