Boer van Opuwo wen Capricorn Food Waste Challenge
Die Capricorn-stigting het vandag vir Ndasilohenda Katangolo-Nakashwa van die plaas Ndinandali by Opuwo aangekondig as die algehele wenner van die Food Waste Challenge-kompetisie. Hy is die gelukkige wenner van die kontantprys van 100 000 Namibiese dollar van die stigting, ‘n handelsmerk-pakket ter waarde van 50 000 dollar van Synergi en ses maande mentorskap en afrigting verskaf deur Business Box Windhoek. Die kompetisie is van gestapel gestuur om innoverende oplossings te vind om voedsel-vermorsing in Namibië te verminder om sodoende die probleem van voedsel-onsekerheid te help takel.