ATM verwerp uitspraak oor skorsing van OB
Die African Transformation Movement verwerp die uitspraak van die Konstitusionele Hof oor die skorsing van die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane. Die hof het bevind President Cyril Ramaphosa se skorsing van Mkhwebane was nie onregmatig nie. Die woordvoerder van die ATM, Zama Ntshona, sê die uitspraak weerspieël nie die beginsels van geregtigheid en onpartydigheid nie. Hy sê die ATM hou vol Ramaphosa se besluit wou Mkhwebane se ondersoeke in die Phala Phala-aangeleentheid in die wiele ry.