Armoede lei tot toename in winkeldiefstal

Die hoë vlakke van honger en armoede in Suid-Afrika dra volgens berigte by tot ʼn styging in voorvalle van winkeldiefstal. Volgens die Nasionale Instituut vir Misdaadvoorkoming en Herintegrasie van Oortreders, is meer as 6 000 winkeldiewe sedert 2021 regoor die land in hegtenis geneem. ʼn Woordvoerder van die instituut, Magda Reynolds, sê winkeldiefstal gebeur om verskeie redes, insluitende armoede-gedrewe diefstal, verslawing, kleptomanie en sommer vir die pret.