Aarto-uitspraak ‘n sege vir padveiligheid

Die Suid-Afrikaanse departement van vervoer beskou die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die geldigheid van die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe, bekend as Aarto, as ‘n oorwinning vir alle Suid-Afrikaners. Die hof het ‘n vroeëre hooggeregshof-uitspraak tersyde gestel wat die wet ongrondwetlik verklaar het. Die woordvoerder, Collen Msibi, beskou die uitspraak as ‘n tree vorentoe vir die verbetering van padveiligheid. Hy sê die departement is bly hy kan nou voortgaan met sy planne. Msibi het bevestig dit sal 18 tot 24 maande neem om in werking te stel.