76% Suid-Afrikaners se geld hou nie tot maand-einde
Data van Floatpays het onthul 76 persent van Suid-Afrikaners ervaar gereeld finansiële tekorte voor die einde van die maand. Volgens berigte raak meer as die helfte se geld halfpad deur die maand op. Dit word hoofsaaklik veroorsaak weens ‘n tekort aan spaargeld, stadiger inkomstegroei en dalende inkomste. Ondanks eksterne faktore wat inkomste beïnvloed, toon die data daar is ‘n geleentheid vir Suid-Afrikaners om beheer oor hul finansies te herwin indien daar ‘n balans tussen spaar en belegging gevind word.