32% Namibiese vroue en meisies ervaar geweld

Terwyl vroue en meisies 49,7 persent van die wêreldbevolking uitmaak, maak hulle 51 persent van die bevolking van Namibië uit. Hulle word nie altyd geprioritiseer nie, as gevolg van geslagsdiskriminasie wat die wortel van die probleem is, sê Gift Malunga, die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds se verteenwoordiger in Namibië. Volgens die Stand van Wêreldbevolkings-verslag van 2023 het 32 persent van Namibiese vroue tussen die ouderdomme van 15 en 49 op ‘n stadium in hul lewens fisieke geweld van ‘n intieme maat ervaar, en ses persent het geweld tydens swangerskap ervaar. Malunga het bygevoeg dat 15 persent van vroue wat geweld ervaar het, nooit behandeling gesoek of die aanranding aan enigiemand bekendgemaak het nie. Intussen is 18,4 persent van meisies as kinders in huwelike verbind terwyl die swangerskapsyfer onder tieners hoog bly op 19 persent.