Trump glo nie meer geregtig op vryskelding oor reaksie op CarrollJuly 12, 2023

Die Amerikaanse departement van justisie sê hy is nie meer van mening dat oudpresident Donald Trump op vryskelding geregtig is vir sy reaksie op E. Jean Carroll se beskuldiging van seksuele aanranding nie. Die departement sê in hofstukke hy kan nie langer tot die gevolgtrekking kom dat Trump in 2019 in sy hoedanigheid as president opgetree het toe hy ontken het dat hy die skrywer seksueel aangerand en na bewering lasterlike uitsprake gemaak het nie. Die departement het aanvanklik onder die Trump- en Biden-administrasie gesê Trump het binne die bestek van sy pligte opgetree toe hy teenoor joernaliste op Carroll se bewerings gereageer het.