Nike Kanada ondersoek vir Uighur-dwangarbeid in ChinaJuly 12, 2023

Nike Kanada en die Dynasty Gold Corporation word in twee afsonderlike sake ondersoek weens die vermeende gebruik van Uighur-dwangarbeid in China. Die Kanadese ombud vir verantwoordelike ondernemings beweer Nike het voorsienings-bande met verskeie Chinese maatskappye wat deur ‘n Australiese dinkskrum uitgewys is dat hulle Uighurs vir dwangarbeid gebruik en daarby baat. Nike sê hy het nie meer enige verbintenis met hierdie maatskappye nie. Dynasty Gold het na bewering op sy beurt by ‘n myn, waar hy die meerderheids-aandeel het, voordeel getrek uit Uighur-dwangarbeid.