Mandela-dag met fynbos gevier
Die Stad Kaapstad sê hy gaan Dinsdag 1 900 inheemse plante in die Bothasig Fynbos-natuurreservaat aanplant ter viering van Mandela-dag. Dit is ‘n wonderlike geleentheid vir inwoners om vrywilligers te wees en aan te sluit by die poging terwyl hulle plant vir plant Mandela-dag vier. Die burgemeesters-komiteelid vir ruimtelike beplanning en die omgewing, Eddie Andrews, sê daar is geen beperking op die aantal deelnemers nie, trouens, hoe meer hande hoe beter.