KwaZulu-Natal verwelkom ondersoek na vlaag aanvalle  July 12, 2023

KwaZulu-Natal se LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en skakeling, Sipho Hlomuka, het die polisie se besluit verwelkom om ‘n hoëvlakspan aan te stel om die onlangse aanvalle waarin vragmotors in die provinsie aan die brand gesteek is, te ondersoek. Ses vragmotors is die naweek op die N3 in Van Reenenspas aan die brand gesteek. Maandagnag is nog twee vragmotors aan die brand gesteek en die bestuurders aangeval op die N2 tussen Enseleni en Empangeni. Die departement se woordvoerder, Kwanele Ncalane, sê daar moet beslissend opgetree word teen sulke misdadigheid.