Iranse President op ampsbesoek in Afrika
Die President van Iran, Ebrahim Raisi is op ‘n ampsbesoek in Afrika. Hy is by die Presidensiële Paleis in Nairobi deur die Keniaanse President, William Ruto verwelkom. Die twee leiers het daarna bilateriale handelsooreenkomste onderteken. Die Iranse leier sal môre met die Zimbabwiese President, Emmerson Mnangagwa in Harare vergader. Hulle sal na verwagting samewerkings-ooreenkomste onderteken oor handel, landbou, mynbou, gesondheid en energie. Iran is onder dié lande wat onlangs aangedui het dat hy by die Brics-groep sou wou aansluit. Die groep bestaan tans uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika.