FlyNamibia-hoof: Vlugte tussen Eros en Walvis nie lewensvatbaar
Die uitvoerende direkteur van FlyNamibia, Andre Compion sê dit is jammer dat dit sy vlugte tussen Eros-lughawe in Windhoek en Walvisbaai vanaf 1 Augustus opskort word. Hy sê in ‘n mediaverklaring hierdie besluit kom na noukeurige evaluering van die roete se prestasie en noodsaak ongelukkig die kansellasie van hierdie vlugte. Ná verskeie faktore, insluitend passasiersvraag en operasionele lewensvatbaarheid, is die besluit geneem om hierdie roete te staak. Compion het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…
Compion sê FlyNamibia se vlugte langs die kus is ook geraak deur die stofstorms.