Duitse ambassade steun studies van onderwysers in vak Duits

Die Duitse ambassade verskaf ‘n beurs van 145 000 Namibiese dollar om die opleiding van onderwysers met die fokus op die vak Duits, te ondersteun. Namibië het ‘n tekort aan gekwalifiseerde en ervare Duitse onderwysers. Die beroep word relatief swak betaal en gevolglik streef baie nie meer daarna om ‘n onderwyser te word nie Boonop tree baie onderwysers wat voor 1980 die beroep betree het, af. Vakatures by die onderwysministerie se kurrikulum-beplanningsdepartement en by die Universiteit van Namibië kan dus nie meer deur Duits-sprekende of plaaslike professionele persone gevul word nie.