China wil twee vuurpyle teen 2030 maan toe stuur

China beplan om teen 2030 twee vuurpyle na die maan te stuur. Een sal die ruimtetuig dra wat op die oppervlak sal land, en die ander sal die ruimtevaarders vervoer. ‘n Ingenieur van die China se Bemande Ruimte-agentskap sê beide die vuurpyle sal die maan se wentelbaan binnegaan. Sodra dit twee ruimtetuie gekoppel is, sal die ruimtevaarders oorskuif na die landingstuig. Die twee-vuurpyl-plan sal China se jare lange tegnologiese struikelblok oorkom om ‘n swaardiens-vuurpyl te ontwikkel wat kragtig genoeg is om sowel ruimtevaarders as ‘n landingstuig te vervoer.