Gholf: Groot prysgeld op die spel by Britse Ope

Gholf: Die wenner van vanjaar se Britse Ope sal prysgeld van 71,5 miljoen Namibiese dollar in sy sak steek. Die organiseerders het ʼn styging van 18 persent teenoor verlede jaar aangekondig toe Cameron Smith van Australië die toernooi ingepalm het. Die organiseerders sê hulle wil verseker die oudste toernooi ter wêreld bly die toppunt van die spel. Daarbenewens sal die prysgeld ook verder verhoog word indien meer as 70 spelers die eerste twee rondes oorleef. Die Ope begin volgende Donderdag op Royal Liverpool by Merseyside in Engeland.