BoN-toesigkomitee neem banksektor onder die loep

‘n Toesigkomitee van die Bank van Namibië het tydens ‘n vergadering ‘n omvattende oorsig van wêreldwye en plaaslike finansiële stabiliteit gegee, met die fokus op die kwesbaarhede binne die Namibiese finansiële stelsel. Die komitee het aangedui dat wêreldwye finansiële stabiliteits-risiko’s toegeneem het, wat die veerkragtigheid van die globale finansiële stelsel onder druk plaas. Hierdie risiko’s spruit uit verskeie faktore, insluitend inflasiedruk, stram monetêre beleids-toestande, geo-politieke spanning en lae ekonomiese groei. Die onlangse voorkoms van banke wat ondergaan, het verder bygedra tot die uitdagings waarmee die banksektor in meer gevorderde ekonomieë te kampe het. Kosmos 94.1 Nuus het met Florette Nakusera, die direkteur van die komitee by die bank gepraat wat meer deel…