Barbie-rolprent se regisseur verras
Die regisseur en medeskrywer van die langverwagte Barbie-rolprent, Greta Gerwig, sê sy is steeds geskok omdat die draaiboek die groen lig gekry het. Margot Robbie en Ryan Gosling vertolk die rolle van Barbie en Ken. Robbie het Gerwig genooi om die draaiboek te skryf nadat sy die rolprentregte saam met Warner Brothers gekoop het. Gerwig sê voor sy die draaiboek geskryf het, het sy gedink die ikoniese verhaal is ingewikkeld, stroperig en vreemd genoeg dat daar dalk iets interessants ontdek kan word.