ANC het vertroue in Jozi-burgemeesterJuly 12, 2023
Die ANC in Gauteng sê hy het vertroue in die burgemeester van Johannesburg, Kabelo Gwamanda, se bestuur. ActionSA het ‘n mosie van wantroue in die burgemeester ingedien, oor bedrogbewerings teen hom vir sy beweerde rol in die bestuur van ‘n bedrieglike begrafnis-versekeringsmaatskappy. Die party se provinsiale voorsitter, Panyaza Lesufi, het in Boksburg by ’n ANC-beraad vir plaaslike regering gesê Gwamanda moet nie as ’n ANC-burgemeester gesien word nie. Hy sê Gwamanda is as burgemeester verkies omdat die party vasberade was om die DA uit die pos te hou.