Zuckerberg: Meer as 100 miljoen registreer op Threads

Die hoof van die tegnologie-reus Meta, Mark Zuckerberg, sê sy nuwe sosialemedia-platform, Threads, het meer as 100 miljoen gebruikers geregistreer in die afgelope vyf dae sedert dit van stapel gestuur is. Threads, wat as mededinger vir Twitter bestempel word, het daarmee die rekord verbeter wat OpenAI se Chat GPT vroeër opgestel het. Threads is nog nie in Europese Unie-lidlande beskikbaar nie weens wetgewing oor data-privaatheid. Threads is in 100 lande, insluitend Brittanje bekendgestel.