Vlugte by OR Tambo vertraag weens ys op vliegtuigvlerke

FlySafair het vertragings aangekondig vir verskeie vlugte wat vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng vertrek, weens ‘n opeenhoping van ys op die vliegtuie se vlerke. Dit word veroorsaak deur die uiters koue toestande en sneeu. Die lugredery sê dit het ook ‘n impak gehad op vlugte vanaf ander lughawens. FlySafair het om verskoning gevra vir enige ongerief wat veroorsaak word en passasiers verseker die opgedateerde vertrektye sal verskaf word.