Sage tussen Job en minister van hoër onderwys duur voort
Paulus Noa, die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie sê inligting word ingesamel na die AR-leier Job Amupanda se aantygings van finansiële wangedrag teen die minister van hoër onderwys, dr. Itah Kandjii-Murangi. Noa sê hoewel daar tans geen dossier teen die minister is nie, word inligting oor die kwessie ingewin. Amupanda beweer dat die minister 1,5 miljoen Namibiese dollar se reiskoste van drie staatsinstellings – die Namibië Opleidings-owerheid, Nust en Unam, asook geld van Unesco geëis het. Nust het bevestig dat hy op 3 Februarie 140 600 dollar aan reiskoste aan dr. Kandjii-Murangi betaal het en Unam 310 400 dollar in verlede jaar Julie. Intussen het die minister se regsverteenwoordiger Clive Kavendji geëis Amupanda moet teen vandag om verskoning vra of regstappe sal volg. Hy het op sy beurt teruggeskryf aan Kavendji dat hy korrupsie sal beveg en nie die Teenkorrupsie-kommissie vertrou nie. Amupanda verwag ‘n antwoord van die prokureur teen Vrydagmiddag een-uur.