Turkse President ondersteun Swede se bod om by Navo aan te sluit
Die Turkse President Recep Tayyip Erdoğan het ingestem om Swede se bod om by die Noord-Atlantiese Verdrags-organisasie aan te sluit, te ondersteun. Turkye het lank volgehou om nie Swede se aansoek om by Navo aan te sluit te steun nie, tensy Stockholm meer doen om toe te slaan op uitgeweke Koerdiese aktiviste wat hy van terrorisme beskuldig. As een van Navo se 31 lede, het Turkye ‘n veto-reg oor enige nuwe land wat by die groep aansluit. Hongarye moet ook nog Swede se aansoek om lidmaatskap bekragtig.