Toer-operateurs moenie gestraf word oor lisensie-hernuwing
Die Wes-Kaapse LUR vir beweeglikheid, Ricardo Mackenzie, sê die provinsiale regering verwelkom die resolusie wat die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, onderteken het oor die skut van toer-operateurs se voertuie. Mackenzie sê die ooreenkoms bepaal wetstoepassers moet ophou om toer-operateurs te straf wat aansoek gedoen het vir lisensie-hernuwing, sowel as diegene wat nog wag vir hernude lisensies, as gevolg van agterstande by die departement van vervoer.